Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David H. Roper

God Se genadegawes

“Minder as die minste van God se gunsbewyse” was die woorde wat die 17de eeuse Engelse digter en prediker, George Herbert, op sy seëlring laat aanbring het. Hy het al sy briewe en geskrifte so onderteken. Jakob het woorde met min of meer hierdie betekenis uitgespreek toe hy God se goedheid ten spyte van sy eie sonde en skande oordink…

“korttermyners”

Baie jare gelede het ek ook in die Weermag diens gedoen. Ek is nog altyd dankbaar dat ek my land so kon dien. Maar ek moet erken die tyd wat ek die beste onthou en die meeste geniet het, was toe ek ’n “korttermyner” was. “Korttermyners” is soldate wat nog slegs ’n paar weke oor het voordat hulle uit die…

ryk ten opsigte Van god

Ek hou gereeld die aandelebeurs en die mark dop en reflekteer dan oor die effek wat vrees en gierigheid op die mens uitoefen. Gedurende 1980 het ’n karakter in ’n rolprent die volgende filosofie gehuldig: “Gierigheid, by gebrek aan ’n beter woord, is goed. Dis reg! Gierigheid werk! ... Gierigheid sal die VSA red!” Watter dwase denke! Ek dink onwillekeurig…

Soos ’n Boom

Gedurende die stilte van my laaste lewensjare wil ek graag kyk hoe ’n boom groei – ’n berkeboom wat ek 30 jaar gelede geplant het. Dit staan nou daar, uitgegroei, net buitekant ons venster – pragtig, elke seisoen van die jaar. So is dit ook met ons geestelike pogings gesteld: Ons het miskien gewroeg, gebid en geworstel oor die plantjies…

Register Rock

I ewers langs die ou Oregon Roete is daar ’n monument – ’n reuse lawarots wat bekend staan as Register Rock. Dis geleë in die gebied wat destyds ’n gewilde kampterrein vir immigrante was, mense wat gedurende die 19de eeu weswaarts gereis het op soek na ’n nuwe wêreld. Reisigers het dikwels hulle name op die rots uitgekerf as ’n…

Die Rooi Kunsvlieg

Jare gelede het ek ’n artikel oor visvang in ’n tweede eeu v.C. werk deur die Griekse skrywer Aelian, gelees. “Tussen Beroea en Tessalonika loop ’n rivier genaamd die Astraeus, en daarin is vis met gevlekte vel (forel).” Dan beskryf hy ’n “strik vir die vis, waardeur hulle die oorhand oor hulle kry. Hulle bind bloedrooi wol vas aan ’n…

’n Moeilike Berg

Hoog in ’n kloof van Jughandle Peak in die berge noord van ons huis in Idaho, lê ’n gletsermeer. Die pad na die meer gaan teen ’n steil, ontblote rand, oor rotse en los klippe. Dit is ’n strawwe klim. Aan die begin van die klim is daar ’n spruit – ’n fontein wat uit die sagte, mosagtige aarde sypel…

Beter As Tevore

’n Paar salmvissers het ná ’n lang dag van visvangs in ’n Skotse herberg byeengekom. Een het vir sy vriende van sy vangs vertel, sy arm wyd geswaai, ’n glas getref, waarna dit teen die muur versplinter en ’n kol op die witgepleisterde oppervlak gelaat het. Die man het die herbergier om verskoning gevra en aangebied om vir die skade…

Blywende Geluk

Ons hoor dikwels die filosofie dat ons gelukkig sal wees wanneer ons ons eie kop volg. Dis egter nie waar nie. Daardie lewensuitkyk lei net tot leegheid, angstigheid en hartseer.

Die digter W. H. Auden het na mense gekyk wat in genietinge probeer ontsnap het. Hy skryf oor hulle: “Verlore in ’n spookagtige woud / Kinders bang vir die nag…

Sondaars Soos Ons

My vriendin, Edith, was min besorg oor geloof. Tog het sy een Sondag-oggend, op soek na iets om haar worstelende siel te bevredig, besluit om na ’n kerk naby aan haar woonstel te stap. Die teks vir die dag was Lukas 15:1–2. “Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die…